Local newsNewsNews

“God sal voorsien,” boodskappe en bydrae aan gesin na huisbrand

'n Gesin in Gabru-straat het alles in 'n brand verloor die gemeenskap het saam gestaan met hulp, hoop en ’n nuwe begin.

“Ons vat dit maar dag vir dag en uur vir uur,” het ‘n emosionele Talita Janse van Rensburg gesê.
Dit nadat hulle huis in Gabru-straat deur ‘n brand in puin gelê is. Die huis het op die aand van 13 Mei omstreeks 20:00 vlam gevat. Die gesin het alles in die brand verloor. Die gemeenskap het dadelik ingespring om die gesin te help nadat die nuus van hul verlies bekend gemaak is.
“Ons is oorweldig deur die gemeenskap se oop hande. Al ken ons nie die mense persoonlik nie, was almal bereid om te help. Daar was finansiële bydraes van anonieme mense met verwysings wat bybelverse is, of bloot net God sal voorsien. ‘n Gastehuis het aangebied om ons te huisves, selfs Volkies (waar twee van die gesin se kinders op skool is) het plek in die koshuis vir die kinders aangebied,” het Talita deur die trane vertel.

Die dak is weg.

Volgens haar moet hulle nog deur die brandskade gaan om te kyk wat oorgebly het.
“Vir nou is al die dokumentasie die prioriteit. Mens sien eers as mens by ‘n plek intrek wat het jy regtig nodig,” het sy bygesê.
Die gesin bly tans by goeie vriende, maar wil binnekort in hul eie plek intrek.
“Ek het vir my dogter gesê, om ‘n boek oop te maak en gevra wat sien sy. Sy het geantwoord dat sy ‘n skoon bladsy sien. Dit is presies wat ons nou moet doen, op ‘n skoon bladsy begin en ‘n nuwe storie skryf,” meen Talita.
Die drie kinders Mienke(18), Kaylie (14) en Liam (9) is intussen weer skool toe en volgens hul ma, het die skool hulle baie goed ondersteun.
Die emosies en gevoel van verlies is nog sterk by die gesin, maar Talita sê die hulp van die gemeenskap het haar laat besef dat sy meer by liefdadigheid betrokke wil wees. “Ek wens so iets vir niemand toe nie, maar ek sal graag mense wil help wat so iets oorkom. Ek weet waardeur hulle gaan en sal die pad saam met hulle stap,” het sy afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button