Local newsNewsNews

AfriForum stel planne voor vir infrastruktuur

Oplossings is voorgestel vir beter dienslewering, veiligheid, instandhouding en omgewingsherstel.

Potchefstroom se infrastruktuur is in ‘n kommerwekkende toestand. Dit het Afriforum se tak in Potchefstroom genoop om amptelike kommentaar op die munisipaliteit se Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP) ingedien.

Die organisasie het veral klem geplaas op die ernstige tekortkominge in dienslewering wat Potchefstromers negatief beïnvloed.

Volgens AfriForum is basiese infrastruktuur soos paaie, water- en rioolstelsels, afvalbestuur, asook openbare ruimtes in ’n kommerwekkende toestand.

“Ons lede en inwoners word daagliks gekonfronteer met gebarste waterpype, rioolbesoedeling, onbegaanbare strate, onwettige storting en gevaarlike openbare ruimtes. Dit is duidelik dat die munisipaliteit nie sy grondwetlike pligte nakom nie,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

AfriForum vra onder meer dat die JB Marks-munisipaliteit veral moet fokus en begroot vir die volgende:

  • Swak toestand van paaie: Groot strate soos Govan Mbeki-laan, Chief Albert Luthuli-rylaan en Steve Biko-straat is vol slaggate en daar is verskeie padtekens wat weg is.
  • Watertekorte en gebrekkige instandhouding: Gebiede soos Ikageng, Mohadin en Promosa ondervind gereeld wateronderbrekings wat hulle reg tot skoon, lopende water skend. Dié onderbrekings vind gewoonlik plaas as gevolg van gebrekkige instandhouding van waterinfrastruktuur.
  • Rioolprobleme: Rou riool vloei in Wasgoedspruit en die Mooirivier in weens pompe en pype wat nie behoorlik instandgehou word of herstel word nie.
  • Afvalbestuur: Onwettige storting is aan die orde van die dag en die stortingsterrein voldoen nie aan basiese regulasies nie. Die gebrekkige afvalbestuur kan ernstige gesondheidsrisiko’s vir inwoners van hierdie munisipaliteit inhou.
  • Vloedrisiko: Die stormwaterafvoerpype wat geblokkeer is as gevolg van besoedeling en swak instandhouding veroorsaak gereeld dat sekere dele van die dorp oorstroom. Hierdie oorstromings beskadig ook infrastruktuur.
  • Verwaarloosde openbare ruimtes: Parke en ontspanningsareas is oorgroei, onveilig en sonder behoorlike beligting. Dit gee daartoe aanleiding dat inwoners nie meer hierdie areas besoek nie en dit wegsteek- en wegkruipplekke word vir booswigte.

AfriForum maak in sy kommentaar praktiese aanbevelings, waaronder ’n omvattende watermeesterplan, die herstel van rioolpompe, oorverf van padmerke, en verbeterde sekuriteit by stortingsterreine. Die organisasie bepleit ook vennootskappe tussen die gemeenskap en die munisipaliteit om parke te rehabiliteer.

“Ons verwag dat die munisipaliteit nie net kennis neem van hierdie kommentaar nie, maar ook ’n plan van aksie aan die gemeenskap voorlê. Die inwoners van Potchefstroom verdien dienslewering wat aan wetlike en grondwetlike standaarde voldoen,” sluit Pretorius af.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button