Local newsNewsNews

NDOV gaan nou oor saak teen egpaar besin

Egpaar vra NDOV om klagte te laat vaar ná ernstige hondaanval op huishulp in Kockstraat.

Die egpaar wat van nalatigheid aangekla word nadat hulle drie pitbull-honde, hul huiswerker verskeur het gaan nou vertoë aan die nasionale direkteur van openbare vervolging (NDOV) dat die saak teen hulle laat vaar word.

Daar is vroeër vanjaar vertoë aan die provinsiale direkteur van openbare vervolging gerig, maar dit was onsuksesvol. Die Noordwes se direkteur van openbare vervolging het beslis dat die saak moet voortgaan, maar geen redes is tot dusver aan die egpaar se regspan verskaf nie. Die egpaar se regspan het die aansoek gebring omdat hulle glo daar is geen redelike kans vir ‘n suksesvolle skuldbevinding nie.

Die saak is op 28 Mei tot 5 Augustus uitgestel hangende die beslissing van die NDOV, oor of die saak teen die Mosters-egpaar laat vaar word.

Chandré en Marno Mostert, was nie tuis toe hulle huishulp Dipuo Kokolosi in Januarie 2022 deur die drie honde by hulle huis in Kockstraat aangeval is. Die egpaar se verweer is dat die honde agter ‘n hek toegemaak was en dat hulle nie weet hoe die honde uitgekom het nie.

Die honde het haar neus, lip, en oorskulpe afgeruk en haar ook aan ander dele van haar liggaam gebyt.

Dipuo Kokolosi se gesig is na die Pitbull-aanval in Januarie 2022 geskend. Foto: Wouter Pienaar.

Een van die staatsgetuies, Ziggy Abdullah, ‘n buurman, het op daardie dag tot Kokolosi se redding gekom en uit selfverdediging die honde doodgeskiet nadat hy ‘n waarskuwingskoot afgevuur het. Kokolosi het sedert die voorval talle rekonstruktiewe operasies ondergaan.

Die saak is al talle kere vir verskei redes uitgestel, onder andere omdat die hof se opnamemasjien nie gewerk het nie, ‘n ekstra klag bygevoeg is en nuwe aanklaers wat aan die saak toegewys is. Die ekstra klag spruit uit Kokolosi te bewering dat die honde haar al van te vore gebyt het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button