Potchefstroom Akademie raap toekenning op
Potchefstroom Akademie is ook onlangs genomineer vir die Tinteltong-toekennings.
Potchefstroom Akademie het vanjaar die Lewensbydrae-toekenning by die Potchefstroom Sakekamer se #ProPotch AJV en Toekenningsgeleentheid opgeraap.
Potchefstroom Akademie is reeds vir meer as vier dekades toegewyd aan uitnemendheid in opleiding, innovasie en die ontwikkeling van jong professionele entrepeneurs regoor Suid-Afrika.
“Hierdie erkenning weerspieël die kern van ons missie: om toekomsdrome te vorm – een kwalifikasie op ’n slag,” het Tin Scholtz, stigter van Potchefstroom Akademie gesê.
Potchefstroom Akademie is ook onlangs genomineer vir die Tinteltong-toekennings, in samewerking met AfriForum se plaaslike netwerke en sien met groot afwagting uit na die finale uitslae.




