Twee vas oor beweerde diefstal
Die twee verdagtes het onder andere skoolklere ook in hulle besit gehad.
Twee mans is vanoggend, omstreeks 10:30 inhegtenis geneem nadat vermoedelike gesteelde goedere in hulle besit gevind is.
Volgens Christiaan Haefele, bedryfsbestuurder van Mooirivier Beskerming, het die twee mans gister goedere by ‘n huis in Oswald Parrowstraat gesteel. Videomateriaal van die twee verdagtes is gesirkuleer waarna lede van die gemeenskap en Afriforum hulle vandag weer opgemerk het.
Die twee is by dieselfde perseel gevang met verskeie vermoedelike gesteelde goedere in hulle besit.
Volgens Haefele, is die polisie ontbied wat die mans in hegtenis geneem het.
“Daar is onder andere klere wat lyk of dit van wasgoedlyn gevat is ook in hulle besit gekry so ook skoolklere. As enige iemand klere vermis moet hulle by die polisie navraag doen,” het Haefele gesê.



