Local newsNewsNews

Vermeende huisrower, reeksverkragter in hegtenis

Die polisie sal borgtog in hierdie saak teenstaan.

Thapelo Tshukutswane (33), wat van verkragting en huisroof beskuldig word, verskyn weer vandag, 17 Junie in die Molopo-landdroshof in Mmabatho.

Kolonel Adelé Myburgh, polisiewoordvoerder, sê Tshukutswane is op 6 Junie op ses aanklagte van verkragting en ses aanklagte van roof by ‘n Mahikeng-taxistaanplek in hegtenis geneem.

“Die inhegtenisneming is uitgevoer na intensiewe ondersoeke en positiewe skakels tussen die verdagte en die sake deur middel van DNS en vingerafdrukke. Die misdade is na bewering tussen Desember 2013 en Mei 2025 gepleeg. Tydens die ondersoek het die span vermoedelik gesteelde eiendom, insluitend selfone, polisie-uniform, voertuigvellings en ‘n televisiestel, by die verdagte se woning in Lorwaneng-dorp ontdek.”

Generaal-majoor Patrick Asaneng, sê daar is ‘n moontlikheid dat meer sake aan die verdagte gekoppel kan word, aangesien sommige van sy slagoffers moontlik geïntimideer is of te bang was om by die polisie aan te meld.

Hy gaan voort om ‘n beroep op slagoffers te doen om na vore te kom.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button