Jong vroue aangerand en beroof
Twee jong vroue is in ’n skrikwekkende voorval op 18 Junie aangerand en van hulle selfone beroof. Die polisie ondersoek tans die saak.
Twee jong vroue is op 18 Junie omstreeks 21:00 aangerand en van hulle selfone beroof.
Volgens Christiaan Haefele, bedryfsbestuurder van Mooirivier Beskerming, was die vroue oppad terug huistoe, toe hulle twee verdagtes sien wat lyk of hulle, die vroue agtervolg.
“Hulle het besluit om ‘n om pad huis toe te stap, waarna die twee mans hulle gegryp het. Die een verdagte het glo die vrou teen die grond vasgedruk en bo op haar gesit terwyl die ander verdagte die twee se selfone geëis het,” het Haefele verduidelik.
Die vroue is nie beseer nie maar een van hulle se klere is geskeur. ‘n Saak van roof is by die polisie aanhangig gemaak wat tans ondersoek word.



