
Die jong arende van Hoërskool Schoonspruit het die Noordvaal Afdeling 4 op horings geneem.
Hulle het op 26 Junie hulle onoorwonne status in die Luiperds afdeling vier bevestig toe hulle ‘n taai wedstryd teen HTS Klerksdorp met 13-10 gewen het. Met die oorwinning het hulle vir die Noordvaal se uitspeel wedstryde later vanjaar gekwalifiseer.
Volgens Tiaan du Preez, die afrigter van die span en rugby organiseerder by Schoonspruit is hy baie trots op wat die seuns vanjaar reg gekry het.
Alhoewel dit nie by al die ouderdomsgroepe so goed gegaan het nie. Schoonies kon daarin slaag om die o14 en o16 wedstryd op die dag te wen. Die volledige resultate lyk soos volg: Schoonspruit as die tuisspan se tellings word eerste gegee.
014
13 – 10
o15
10 – 19
o16
24 – 19
2de XV
11 – 12
1ste XV
12 – 57



