Local news

Potch kunstenaar debuteer met eerlike liefdeslied

Bekroonde liedjieskrywer Roux deel uiteindelik sy eie stem en storie met die wêreld in sy nuwe enkelsnit Wat Wag Jy?, nou aanlyn beskikbaar.

Roux, oftewel Rouxan Cloete, is ‘n plaaslike liedjieskrywer wat al lankal mense se voete laat dans met die liedjies wat hy vir groot name soos, Fatman en Irene-Louise van Wyk skryf.

Nou kan mense na sy eie stem, lirieke en stories luister. Roux se enkelsnit ‘Wat Wag jy?” is vandag, 4 Julie op alle platforms vrygestel.

“Ek skryf my hele lewe lank vir ander mense liedjies. Iets het in my wakker geword om my eie goed daar buite te sit. Eintlik het dit begin met die TikTok algoritmes. Kunstenaars vra my altyd wat moet hulle post en hoeveel, dit is nie juis my veld nie, toe dog ek kom ek kyk of ek kan uitvind. Ek het gaan ky wat doen die kenners, en het probeer om vir 60 dae elke dag iets anders op te laai. Daar was naderhand baie aanbiedinge op die tafel en ek kies toe uiteindelik 10 liedjies vir die album waarvan Wat Wag jy? een is,” vertel hy.

Volgens hom is die liedjie gebore uit daai gevoel van verlief wees.

“Dis soos daai gevoel van skelm rook, skelm vry – daai eerste keer wat jy jou hart waag,” verduidelik hy.

Dit is persoonlik vir omdat dit die gevoel wat hy vir sy universiteitsliefde gehad het in die liedjie vasvang. Hierdie liefde is steeds sy lewensmaat.

Roux se liedjie, “Wat Wag Jy?” vang die gevoel van nuwe liefde en die onsekerheid daarvan mooi vas. Daar is nie snaakse foefies nie, dit is eerlik.

Volg die skakel en gaan luister die liedjie op jou gunsteling platform:  https://ROUX.lnk.to/WatWagJy

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button