DA eis provinsiale ingryping by Witrand
Die DA eis dringende ingryping by Witrand Hospitaal ná ’n besoek aan die fasiliteit ernstige tekortkominge blootgelê het
Die DA het in ‘n brief aan die LUR vir gesondheid in Noordwes, Sello Lehari gevra om dringend by Witrand in te gryp.
Dit nadat die party die hospitaal op 2 Julie besoek het.
Van die DA se bevindinge by die hospitaal is dat daar slegs, twee wasmasjiene en drie tuimeldroërs is wat werk. Dat die industriële kokers wat stoomkrag op te wek vir sekere kombuistoestelle wat vir massa-voedselvoorbereiding gebruik word en die strykysters in die waskamer, sowel as die voorsiening van warm water en hitte aan pasiënte se kamers, al vir ongeveer drie jaar buite werking is. Die areas waar kos voorberei word is ook nie met kring televisie kameas toegerus nie.
Volgens Hendriëtte van Huyssteen, DA woordvoerder vir gesondheid in die Noordwes, word oortollige vuil wasgoed op ‘n trok gelaai wat dan die wasgoed in Mahikeng of in Klerksdorp neem om gewas te word.
“Dit is ‘n oplossing wat nie volhoubaar is nie. Groot sakke vuil wasgoed kan oral in die waskamer gesien word terwyl personeel hul uiterste bes doen om hierdie krisis te bestuur,” verduidelik van Huyssteen.
“43 geysers moes deur die hospitaal aangeskaf word om warm water te verskaf, en pasiëntkamers kan nie verhit word nie,” verduidelik sy.
Volgens haar is die feit dat daar nie kameras by die areas waar kos voorberei word is nie, ‘n groot sekuriteitsrisiko.
Dit skep ‘n geleentheid vir opportunistiese diewe. Die installering van sulke kamerastelsels moet dringend gedoen word, aangesien elke gram kos wat gesteel word, ‘n gram kos is wat nie die bedoelde pasiënt bereik nie,” het van Huyssteen verduidelik.
Die departement het nie op die Herald se navraag oor die DA se besoek reageer nie
Witrand was onlangs weer in die nuus na verskeie werknemers die toestande in die hospitaal weer betreur het. Die departement van gesondheid het in antwoord destyds gesê dat die wasgoedafdeling funksioneel is.
Vorige artikels oor die toestande by Witrand:
https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/news/2023/06/01/a-tale-of-woe-at-witrand/
“Dit was linne en klere volgens skedule na verskeie sale en areas in die hospitaal. Die nie-funksionele masjiene sal in die 2025/2026-boekjaar herstel word. Die wasgoedmasjiene, soos enige masjinerie, sal van tyd tot tyd breek en word binne die beskikbare begroting herstel. Indien daar uitdagings binne wasgoeddienste is, aktiveer die bestuur ‘n gebeurlikheidsplan om hulp van wasgoeddienste regoor die distrik en provinsie aan te vra,” het Lekgethwane gesê.
Lekgethwane het opgemerk dat die hospitaal met twee steenkool-aangedrewe kokers werk om stoom vir alle areas binne die hospitaal te verskaf.
“Die bod om die die kokers te herstel is geadverteer en daar was geen responsiewe bieërs nie. Dit is toe in April 2025 weer geadverteer vir die aanstelling van ‘n diensverskaffer met ‘n sluitingsdatum van 9 Junie 2025. Om hierdie risiko te verminder, het die bestuur 43 geysers aangeskaf om warm water vir die bad van pasiënte te verskaf,” het hy gesê.
Witrand was ook vanjaar in die nuus na die afsterwe van een van hulle pasiënte.



