Waterlek in Otto Straat wek vrees vir infrastruktuurskade
Die Arendpark-kompleks lê in ’n stil woonbuurt, en die aanhoudende waterstroom veroorsaak bekommernis.
,Inwoners van die Arendpark-kompleks in Otto Straat sit steeds sonder antwoorde nadat water op Vrydag, 4 Julie hul strate begin oorstroom het. Wat begin het as ‘n waarskynlike lekkasie het vinnig in ernstige water vermorsing en potensiële infrastruktuurskade ontwikkel.
Volgens inwoners het die water reeds Vrydag begin vloei en het dit oor die hele naweek aangehou. Op 6 en 7 Junie het die munisipaliteit die situasie probeer hanteer, maar tot Dinsdag 8 Junie is die probleem steeds nie heeltemal opgelos nie. Die
Die Arendpark-kompleks lê in ’n stil woonbuurt, en die aanhoudende waterstroom veroorsaak bekommernis oor die moontlike ondermyning van geboue se fondamente en die vorming van sinkgate. Die water vloei konstant teen die rand van die pad af en vorm plasse wat al hoe groter raak.
Intussen hoop die gemeenskap dat die owerhede dringend sal optree voordat verdere skade aangerig. Die inwoners van Arendpark vra nou dat die situasie as ‘n prioriteit hanteer word, nie net vir hul gerief nie, maar ook vir hul veiligheid.
Ten tyde van publikasie het die munisipaliteit nie op die Herald se navrae reageer nie.



