Ses jong rugbytalente van Potchefstroom het hul staal tydens die VKB Rugbyweek wat onlangs in Frankfort plaasgevind het, gewys. Die volgende spelers is gekies vir die o.13 C Luiperds-span en het hul provinsie met trots verteenwoordig:
Van Laerskool Mooirivier — DJ de Waal, Armand Volschenk, Jandrè Prinsloo en Jayden van Aswegen, van Laerskool Baillie Park — Benno Botha en Janco Janse van Rensburg en M.L Fick se Etienne vd Berg.
Die span het uitstekend gevaar en is as wenners van die toernooi aangewys. Boonop het hulle twee gesogte wisseltrofeë ingepalm:
Die Trevor Smith Sports Wisseltrofee vir die beste o.13-span, en
Die Trevor Smith Sports Wisseltrofee vir Aanskoulikste o.13-rugby.
DJ de Waal en Jandrè Prinsloo gekies vir ’n uitsoekspan wat later vanjaar na Namibië sal toer.
Die o13-Akademie span het drie Potchefstromers ingesluit. Caleb Cornellissen (Laerskool Mooirivier), Tshepang Lekoma (Laerskool Mooirivier) en Amogelang Moloto (Potchefstroom‑Primêre) het van 30 Junie tot 4 Julie aan die o13 Akademie‑week, wat by Selborne College in Oos‑London aangebied is deelgeneem.
Hier is hulle uitslae:
Blou Bulle – Gelyk 7–7
Pumas – Verloor 0–17
Limpopo Blou Bulle – Wen 33–7
Valke – Verloor 5–17



