Local newsNewsNews

Twee Klerksdorp-kollegas verdwyn spoorloos

Die polisie vra die gemeenskap se hulp om die twee mans op te spoor.

Die Noordwes-polisie doen ‘n beroep op die gemeenskap om te help om twee kollegas op te spoor wat spoorloos in Klerksdorp verdwyn het.

Kolonel Adéle Myburgh, polisiewoorvoerder, sê volgens inligting wat ontvang is, is die paar laas Maandagoggend, 14 Julie, by die werk, by Afrikaner Plot in Wesselstraat in Meiringspark, Klerksdorp gesien.

“Hulle het hul werkplek in ‘n wit Toyota Hilux Raider-bakkie, registrasienommer KWF254NW, verlaat om onderdele in Klerksdorp Industria te gaan haal, maar het nooit teruggekeer nie.”

Myburgh gaan voort om te sê ‘n soektog is uitgevoer en alle leidrade is opgevolg, maar dit het geen positiewe resultate opgelewer nie.

Christiaan van Blerk (34) is skraal gebou met lang bruin hare, bruin oë en is ongeveer 1,8 m lank. Hy het ‘n litteken aan die regterkant van sy gesig (wang), ‘n tatoeëermerk van ‘n kruis op sy bo-arm en ‘n perdeskoen-tatoeëermerk op sy bobeen.

Vermiste Christiaan van Blerk (34).

Donovan van der Walt (25) is skraal gebou met bruin hare, ligblou oë, ‘n swart snor en baard (ongeskeer) en ongeveer 1,6 m lank. Hy het verskeie tatoeëermerke op sy lyf, met ‘n leeu-tatoeëermerk op die linkerarm/hand.

Vermiste Donovan van der Walt (25).
Die voertuig waarmee die mans gery het voor hulle verdwyn het.

Enigiemand met inligting oor waar hulle hulself bevind, kan die ondersoekbeampte, adjudant-offisier Louis Harmse van Klerksdorp-speurders, kontak by 083 607 1395 of die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se Misdaadstop-nommer by 08600 10111.

Afpersingsverwante voorvalle kan aangemeld word by die Afpersingslyn by 080 091 1011.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button