Local newsNewsNews
Man met mes in gesig gesteek in Walter Sisulu-straat
’n Man is op 19 Julie ernstig aangerand in Walter Sisulu-straat toe hy met ’n mes in die gesig gesteek is. Die verdagte het gevlug voordat hulp opgedaag het.

‘n Man is op 19 Julie omstreeks 21:30 in Walter Sisulu straat erg aangerand.
Volgens Christiaan Haefele, bedryfsbetuurder van Mooirivier Beskerming, het die sekuriteitsmaatskappy reaksiebeamptes na die toneel gestuur na ‘n iemand hulle gebel het.
Met aankoms is een man gevind wat met ‘n mes in die gesig gesteek was. Die verdagte wat hom glo aangerand het, was reeds weg met die beamptes se aankoms.
Die polisie is ontbied waarna hulle saak van aanranding met die opset om ernstig te beseer aanhanging gemaak het. Die man wat aangerand is, is na die Potch hospitaal vervoer vir verdere behandeling.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



