Local newsNewsNews

BBV gaan nie meer munisipaliteit help met brande nie

BBV weier om JB Marks-munisipaliteit langer met veldbrande te help weens vyf jaar se onbetaalde ledegeld.

Veldbrande op munisipale grond sal voortaan slegs op die brandweer moet staatmaak om brande onder bedwang te bring.

Die Potchefstroom Brand Beskermingsvereniging (BBV), het in die verlede die munisipaliteit bygestaan wanneer veldbrande uitbreek.

Hulle het egter in ‘n brief dit duidelik aan die munisipaliteit gemaak dat die BBV nie meer die munisipaliteit sal bystaan nie.

Dit nadat die munisipaliteit versuim het om die laaste vyf jaar se lede geld te betaal, wat ‘n wetlike vereiste is.

Volgens Dr. Kobus Roux, voorsitter van die BBV, skuld die munisipaliteit ongeveer R500 000 aan die BBV.

“Ek het talle e-posse waar hulle belowe dat hulle sal betaal. Ons het steeds aanhou help die laaste vyf jaar, het nooit ‘n rekening gestuur vir dienste gelewer nie, ons wil slegs die ledegeld hê wat hulle volgens wet moet betaal,” het Roux verduidelik.

Volgens Roux was daar onlangs ‘n groot brand wat op die weermag gronde begin het, dit het oor die pad gespring waarna dit naby die watersuiweringsaanleg begin brand het.

“Dit was net BBV lede wat gekeer het dat die infrastruktuur afbrand. Die stad sou dalk sonder water wees as daai infrastruktuur afgebrand het. Ek het al hoeveel keer probeer vergaderings reel maar hulle ignoreer my. Ons het besluit ons gaan nie meer gewone lede se geld vir die munisipaliteit gebruik nie,” het Roux gesê.

Volgens Roux help die BBV om veldbrande in die hele JB Marks munisipale gebied te bestry.

“Ons gaan niks meer vir hulle doen nie, ons sal maar agteroor sit en kyk hoe hulle strukture afbrand,” het Roux gesê.

Die Herald het die munisipaliteit vir komentaar genader maar ten tyde van publikasie het die munisipaliteit nie reageer nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button