Munisipaliteit erken skuld aan BBV
Die JB Marks munisipaliteit is besig om met die Potchefstroom Brandbeskermingsvereniging (BBV) te onderhandel oor die munisipaliteit se agterstallige lede geld.
Die munisipaliteit het erken dat hulle die Potchefstroom Brandbeskermingsvereniging (BBV) geld skuld.
Dit nadat die BBV verlede week in ‘n brief aan die munisipaliteit verduidelik het dat hulle alle hulp aan die munisipaliteit gaan staak. Die munisipaliteit moet volgens wet lid van ‘n brandbeskermingsvereniging wees.
Lees die vorige berig hier: https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/news/2025/08/22/bbv-gaan-nie-meer-munisipaliteit-help-met-brande-nie/
Volgens Jeanette Tshite, munisipale woordvoerder, erken die munisipaliteit sy aanspreeklikheid vir die uitstaande lede geld.
“Die finansies afdeling is in die proses om die vereffening van hierdie agterstallige skuld deur die vereiste raadskanale te verwerk. Die kantoor van die direkteur van gemeenskapsveiligheid is ook besig om met die BBV te onderhandel sodat die munisipaliteit weer as ‘n lid heringestel word, terwyl die betaling afgehandel word. Die Munisipaliteit bly daartoe verbind om te verseker dat toepaslike wetgewing nagekom word en om samewerkende brandbestuurspogings binne sy jurisdiksie te verbeter,” het Tshite verduidelik.



