Local newsNewsNews

Volkies kry nuwe dryfkrag vir rugby en atletiek

Volkies het ’n bekende gesig as nuwe direkteur van rugby en atletiek aangestel. Nicol Degenaar bring passie na die rol.

Volkies se nuwe direkteur van rugby en atletiek het op 1 September sy plek in geneem.

Alhoewel, die man wat die skool se rugby en atletiek vorentoe gaan dryf nie ‘n vreemde gesig is nie. Nicol Degenaar, is al sedert 2023 by Volkies as ‘n rugby afrigter betrokke. Hy het al die o.16s en o.14s gebrei, vanjaar het hy as spesialis afrigter en analiseerder by die skool gehelp.

Die boorling van Klerksdorp en matrikulant van Hoërskool Wesvalia het sy Bsc graad in menslike beweegkunde en fisiologie voltooi waarna hy as video analiseerder vir Code Green begin werk het. Die maatskappy het video analise vir verskeie Varsity Beker spanne onder andere die NWU, gedoen.

Daarna het hy by ‘n maatsakppy gewerk as ‘n werwer, waar hy atlete en gehelp het om beurse na universiteite soos UCLA, Princeton en Texas te kry.

“Dit gaan alles oor geleenthede, en dit pas so mooi in by wat ek by Volkies wil bereik. Dit gaan oor geleenthede, die crux met Volkies se rugby en atletiek is om die kind eerste te sit en die kind te ontwikkel sodat ons die beste moontlike ateleet en speler aan die einde van hulle matriek jaar kan lewer,” het Degenaar verduidelik.

Hy is nie ‘n besem wat gaan skoonvee noodwendig nie. Volkies se 1ste XV het onlangs die Noordvaal-bowl eindstryd gewen.

“Ek wil graag voortbou op die tradisies en kultuur wat reeds hier is. Ons het ‘n goeie span afrigters met goeir strukture in plek, so ons is baie bevoorreg,” het hy gesê.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button