Local newsNewsNews
Geen beserings na brand by woonstelblok op die Bult
Die brandweer se vinnige optrede het verseker die gebou word nie erger deur die brand beskadig nie.
‘n Brand het op 15 September omstreeks 15:15 by ‘n woonstelblok in Dwarsstraat op die Bult uitgebreek.
Mooirivier Beskerming CID het reageer na die toneel waarna hulle die brandweer ontbied het.
Die munisipale brandweer het vinnig reageer en die vuur is spoedig onder beheer gebring. Een woonstel is totaal afgebrand, ‘n ander woonstel het ook ernstige skade opgedoen. Niemand is tydens die brand beseer nie, maar ‘n 19-jarige vrou is op die toneel vir rookinaseming behandel.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



