Local newsNewsNews

Herstelwerk by Ventersdorp pompstasie sloer

'n Verdere kennisgewing sal uitgereik word sodra die werk voltooi is.

Opgraderings by die Ventersdorpweg-pompstasie neem langer as verwag. Dit beteken sekere areas is steeds sonder water.

Jeanette Tshite, munisipalewoordvoerder, sê die kontrakteur op die perseel het aangedui dat hulle ‘n lek op die hooftoevoerlyn ervaar het wat die pomp van water na die Eesterandjies-reservoirs belemmer. Dit het die voltooiing van die werk vertraag.

“Die Tegniese Dienste-span is steeds op die perseel en werk om die oorblywende take te voltooi wat nodig is om normale bedrywighede te herstel. Die stilstand was nodig om die kontrakteur toe te laat om nuwe pompe, ‘n klep op die hooftoevoerlyn en ‘n grootmaatwatermeter by die pompstasie te installeer.”

Die volgende gebiede word geraak:

  • Promosa
  • Mohadin
  • Dassierand
  • SANW-basis
  • Witrand Hospitaal
  • Kannonierspark
  • Alle Ikageng-uitbreidingsareas
  • Eesterandjies Reservoirs

“Ons vra om verskoning vir die vertraging en ongerief wat dit veroorsaak het. Wees verseker dat die span dringend werk om die opgradering te finaliseer en ‘n veilige en betroubare watervoorsiening te verseker. ‘n Verdere kennisgewing sal uitgereik word sodra die werk voltooi is,” sluit Tshite af.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button