Local newsNewsNews

Chaos op N12 naby Fochville weens waterkrisis-betoging

Meer as 70 betogers van Kokosi het die N12/R500-kruising blokkeer oor watertekorte. Motoriste moet alternatiewe roetes gebruik.

Motoriste word versoek om die N12- en R500-kruising naby Fochville te vermy.

Daar heers tans chaos op die pad weens ‘n groot betoging in die area. Dit het verkeer tot stilstand gebring.

Volgens die Carletonville Herald het ten minste 70 betogers van Kokosi die kruising geblokkeer. Die inwoners betoog oor ernstige watertekorte.

Die voortdurende waterkrisis spruit uit Rand Water wat die voorsiening van water aansienlik beperk het omdat die munisipaliteit meer as R1.4 miljard aan hulle skuld.

Terwyl plaaslike en provinsiale verkeersowerhede, saam met die polisie, op die toneel is, het hulle nog nie daarin geslaag om die protes op te klaar of normale verkeersvloei te herstel nie.

Motoriste wat tussen Potchefstroom en Westonaria reis, word aangeraai om die N12/R500-kruising te vermy en eerder die R501 deur Carletonville as ‘n alternatiewe roete te neem.

Dit bly onduidelik wanneer die pad weer sal oop wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button