Local newsNewsNews
Wetenskap-boffins maak Gimmies trots tydens Nasionale Olimpiade
Hannes van Romburgh (graad 8) en Armand Kotze (graad 11) het albei vyfde in die Suid-Afrikaanse skole Wetenskappe-olimpiade geëindig.
Twee leerders met ‘n voorliefde vir wetenskap het Potchefstroom Gimnasium se naam op nasionale vlak hoog gehou.
Armand Kotze (graad 11) en Hannes van Romburgh (graad 8) het albei vyfde in die Suid-Afrikaanse skole Wetenskappe-olimpiade geëindig. Hierdie Olimpiade het in Desember verlede jaar by Potchefstroom Gimnasium plaasgevind.
Volgens die skool het Armand sy uitstekende prestasie in Lewenswetenskappe behaal terwyl Hannes in Natuurwetenskappe puik presteer het.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



