Local newsNewsNews

Uitnemendheid is deel van Gimmies se woordeskat

Met ‘n groottotaal van 359 onderskeidings, 98.9% tersiëre vrystelling, ‘n 90.5% universiteitsvrystelling en ‘n 100% slaagsyfer was Gimmies weer uitblinkers tydens die 2025 matriekuitslae.

Met ‘n groottotaal van 359 onderskeidings, 98.9% tersiëre vrystelling, ‘n 90.5% universiteitsvrystelling en ‘n 100% slaagsyfer, is Gimmies as die nommer een skool aangewys in Noordwes deur die Departement van Onderwys.

Gimmies behaal ‘n eerste plek in die hoeveelheid onderskeidings (lewensoriëntering uitgesluit), ‘n eerste plek in die hoeveelheid kandidate wat slaag (199 uit 199), en die tweede plek as ‘n mens na die persentasie vakonderskeidings kyk. Gimmies neem ook die derde posisie in die provinsie vir universiteitsvrystelling, met 180 uit 199 leerders wat daarin slaag.

Mnr. Michael van der Merwe, skoolhoof van Gimmies, staan trots met twee provinsiale toekennings vir akademiese uitnemendheid. Die Noordwes Departement van Onderwys het hierdie aan Gimmies na afloop van die 2025 matriekuitslae toegeken.
Foto: Wouter Pienaar.

Volgens Potchefstroom Gimnasium se skoolhoof, Mnr. Michael van der Merwe, lê die kern van Gimmies se sukses in die bekwaamheid van die personeel wat natuurlik hardwerkend is. Daar is ook ‘n kultuur van omgee vir die leerders.

“Leerders presteer makliker as hulle weet dat hul iewers behoort en veilig voel. Ons personeel weet wat dit verg om uitnemendheid te bereik en skroom nie om alles in hul vermoë te doen nie.”

Een van die aspekte waarop vanjaar by Gimnasium klem gelê word is om te waag en as leerder jouself aan nuwe areas bloot te stel.

“Selfontwikkeling is baie belangrik. Ons wil leerders se waarde konstruktief toevoeg en tot hul selfvertroue en menswaardigheid bydra. Leerders wat sukses in akademie behaal, blink dan ook op die sportveld uit. Dit is ‘n kruisbestuiwing tussen verskillende areas van ‘n leerder se skoollewe. In die onderwys is dit ‘n geleentheid om altyd die leerder te bedien.” – Michael van der Merwe – Skoolhoof: Potchefstroom Gimnasium

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button