Prof. Theo Venter wil gemeenskap dien as DA burgemeesterskandidaat vir JB Marks
Die bekende Potchefstroomse politieke ontleder, prof. Theo Venter, is vanmiddag (Saterdag, 7 Februarie) as die nuwe DA burgemeesterskandidaat vir JB Marks aangekondig.
Die bekende Potchefstroomse politieke ontleder, prof. Theo Venter, is vanmiddag (Saterdag, 7 Februarie) as die nuwe DA burgemeesterskandidaat vir JB Marks aangekondig.
Die leier van die DA, John Steenhuisen, het die aankondiging tydens die DA se Provinsiale Noordwes kongres in Potchefstroom gemaak.
Venter woon al vir meer as vier dekades in Potchefstroom en ‘n gerespekteer ontleder en het ‘n uitgebreide kennis op die gebied van hoër onderwys, die boubedryf, landbou en politieke sake. Venter was ook by ‘n paar groot gebeurtenisse betrokke as adviseur vir die visie-kansellier van die NWU, insluitend tydens die 2010 FIFA Sokkerwêreldbeker met die Spaanse sokkerspan, sowel as die destydse stryd rondom Potchefstroom se naamsverandering in die 2000’s.

Venter noem dat die tyd reg is vir hom om nie meer onafhanklik te wees nie en dat hy ‘n skuif maak wat hy ‘n verskil in die gemeenskap kan maak.
Kyk die video hier:
“Uit my ervaring van regeringsake weet ek wat goeie bestuur is. Die DA bied die enigste platform waar plaaslike bestuur werk,” het hy genoem.
Volgens Venter bied JB Marks talle geleenthede op stedelike en landelike vlak. Vir hom is dit belangrik om na gemeenskappe van Potch, Promosa, Ikageng en Rysmierbult te luister, wat elkeen unieke uitdagings het as dit by dienslewering kom.
“Dit is tyd vir my om mooi na al die gemeenskappe op grondvlak te luister. Ek wil ‘n plan ontwikkel na aanleiding van wat die mense sê. Ek wil nie ‘n plan maak wat in ‘n studeerkamer ontwikkel is en op mense af te dwing nie. Dit is belangrik om van korrupsie en wanbestuur ontslae en raak en ondersoeke te loods as dit moet,” verduidelik Venter.
“Ek is ootuig daarvan dat die DA ‘n oorwinning by die stembus kan behaal. Ek stap vandag in ‘n nuwe bedeling in om ‘n konstruktiewe bydrae op grondvlak te lewer.”
Tydens die DA se provinsiale kongres is ‘n nuwe provinsiale leier en voorsitter ook bekendgemaak.
Carin Visser is as die nuwe voorsitter aangewys met Freddy Sonakile wat die nuwe provinsiale leier aangewys is. Hy neem die leisels by Leon Basson oor.
Sonakile was voorheen die provinsiale voorsitter van die DA in Noordwes.



