Local newsNewsNews
Geen beserings na bakkie op sy dak beland
In die vroeë oggendure hierdie afgelope Sondag, 8 Februarie het 'n bakkie in Thabo Mbeki-rylaan omgeslaan.
In die vroeë oggendure hierdie afgelope Sondag, 8 Februarie het ‘n bakkie in Thabo Mbeki-rylaan omgeslaan.
Volgens die Cachet Park CID het een van Mooirivier Beskerming se kringetelevisieoperateurs omstreeks 03:14 waargenaam dat voertuie hul noodligte aanskakel en op die toneel in hierdie straat stop.
Kort daarna is Mooirivier Beskerming op die toneel waar hulle die Opel Corsa bakkie op sy dak sien lê het. Hul het kontak met die bestuurder en insittendes gemaak het.
Daar is geen ernstige beserings aangemeld nie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



