Potchefstroom Gimnasium het Saterdag, 7 Februarie vir Marais Viljoen ore aangesit in die Finsbury B-liga.
Die eerstespan het hul wedstryd tuis met 177 lopies gewen, terwyl die o15A-span met 182 lopies in ‘n wegwedstryd gewen het.
Sodoende staan Gimmies nogsteeds die kans om vir die A-liga te kwalifiseer, mits hulle, hul wedstryde teen Midstream College volgende naweek wen. Dit sal Gimmies in ‘n posisie plaas om in ‘n uitspeelwedstryd teen die laaste skool op die A-liga punteleer te speel. Indien Gimmies daardie wedstryde wen, sal hulle na die gesogte A-liga opskuif.

Eerstespan moker 324/9 met Ulrich Botha wat 155 lopies aanmekaar sit
Ulrich Botha, Gimmies se uitstaande kolwer en paaltjiewagter het behoorlik die kollig gesteel het met ’n meesterlike 155 lopies. Christivan Coetzer se 83 was ook deurslaggewend om Gimmies in ‘n sterk posisie te plaas..
Marais Viljoen is daarna vir 147 in 29 beurte uitgeboul, met Tlhoni Thabatha se uitstekende 4/5 en Ruhann Steenkamp wat 2/50 neem.


Gimmies se o15’s maak korte mette van Marais Viljoen se kolforde
Gimmies se o15’s kolf eerste en teken ‘n stewige 282/5 aan. Casey Lues slaan ‘n puik 106 met Edrey van Zyl wat met 48 ook goeie bystand bied.
Marais Viljoen is tot slegs 100 in 37 beurte beperk, danksy skerp boulwerk van Juvan Botes (4/20) en Marno Hattingh (3/28).




