Studente bring Jool-gees met kleurvolle vlotte
Daar sal ’n donasieboks beskikbaar wees vir diegene wat graag ’n bydrae tot die projek wil maak.
Die jaarlikse NWU RAG (Jool) is weer ‘n hoogtepunt op die kalender met studente wat hul kreatiwiteit en spanwerk met indrukwekkende vlotte ten toon stel. Die vlotte word vandag (Saterdag, 14 Februarie) wat op die Joolplaas uitgestal.
Anders as in vorige jare, sal daar vanjaar nie ’n straatprosessie wees nie. In plaas daarvan word die publiek genooi om die Joolplaas te besoek waar die vlotte uitgestal sal word en besoekers die unieke atmosfeer eerstehands kan beleef.

Die hekke het vanoggend, Saterdag, 14 Februarie om 09:00 vir die publiek oopgemaak, en die program duur tot 16:00. Besoekers sal die geleentheid hê om die kleurvolle vlotte van naby te besigtig. Dit is projekte waaraan koshuise en studentegroepe maande lank werk. Hierdie vlotte vorm tradisioneel die hart van Jool en weerspieël nie net kreatiwiteit nie, maar ook intense samewerking en kompetisie tussen spanne.

Vanjaar se konsep fokus op ’n oopmark-gevoel, met verskeie verkopers, agtergrondmusiek en ’n ontspanne feesatmosfeer vir die hele gesin. ’n Spesiale kinderarea met ’n springkasteel is ook ingerig om jonger besoekers besig te hou.
Daar is ‘n donasieboks beskikbaar wees vir diegene wat graag ’n bydrae tot die projek wil maak, asook ’n speedpoint vir kaartbetalings.

NWU se RAG (Jool) is ’n groot, studentgedrewe liefdadigheidsprojek in Potchefstroom wat jaarliks skoolgees bevorder en fondse insamel terwyl dit studente die geleentheid bied om hul talente en gemeenskapsbetrokkenheid te vier.
Kyk na die video hier:



