Gedeeltelike sonsverduistering vandag by NWU te sien
Die regstreekse uitsending bied ’n veilige alternatief om die gebeurtenis te volg.
Navorsers en studente aan die Noordwes-Universiteit (NWU) bied vandag (17 Februarie) vir die publiek die geleentheid om ’n gedeeltelike sonsverduistering veilig en regstreeks te beleef deur ’n regstreekse-uitsending vanaf die NWU-sonobservatorium op die Potchefstroomkampus uit te saai.
Volgens dr. Ruhann Steyn van die Sentrum vir Ruimtenavorsing sal die maksimum verduistering vanaf Potchefstroom om 15:09 (SAST) plaasvind. Die sonsverduistering sal oor die grootste deel van Suid-Afrika sigbaar wees, insluitend al drie NWU-kampusse.
Die universiteit moedig die publiek aan om die verskynsel veilig te ervaar en herinner dat niemand direk na die son moet kyk sonder gesertifiseerde verduisteringsbrille nie.
Die tye vir vandag se verduistering is soos volg:
Mahikengkampus (4.96%)
14:30 – 15:47 | Maksimum: 15:10
Potchefstroomkampus (7.43%)
14:24 – 15:51 | Maksimum: 15:09
Vanderbijlparkkampus (8.28%)
14:24 – 15:53 | Maksimum: 15:10
Die publiek kan die regstreekse uitsending vanaf 14:15 vandag volg by: https://brnw.ch/21x00l9



