Local newsNewsNews

VIDEO: Rosie neem haar eerste treë ná tref-en-trap-ongeluk

Op 9 Februarie het PAWS Haven ’n dringende oproep ontvang oor ’n hond wat deur ’n voertuig raakgery en beseer langs die pad in Mohadin gelos is.

‘n Week gelede was ‘n klein hondjie amper by die dood se deur, alleen op ‘n besig pad nadat sy deur ‘n motor getref is. ‘n Week later is Rosie vol lewe en in die hande van Paws Haven se “Engele” wat haar nuwe lewe gee.

Op 9 Februarie het PAWS Haven ’n dringende oproep ontvang oor ’n hond wat deur ’n voertuig raakgery en beseer langs die pad in Mohadin gelos is. Beamptes Tokkie (Harriette Aucamp) en Lloyd Mkandawire het onmiddellik gereageer en ’n bang, beseerde hondjie gevind wat dringend hulp nodig gehad het.

Tokkie (Harriette Aucamp) en Lloyd Mkandawire, wat vir Rosie gehelp red het.

Rosie, soos sy later genoem is, het ernstige beserings opgedoen en albei haar voorpote was gebreek. Ten spyte van na-ure het dr. Francois Gerber ingestem om ’n noodoperasie te doen. ’n Daad wat haar lewe gered het.

Twee stawe is tydens die operasie geplaas om haar bene te stabiliseer, en nou, net dae later, begin hierdie klein vegtertjie reeds haar eerste tree neem.

“Dis nie perfek nie en dis nie vinnig nie, maar elke klein tree wat sy gee, voel soos ’n wonderwerk,” sê PAWS Haven.

Hoewel Rosie se gees sterk bly en haar stert vrolik swaai, lê daar nog ’n lang pad van herstel voor. Die mediese koste beloop R10 000, waarvan R6 050 reeds deur skenkings en die Back-a-Buddy-platform ingesamel is. ’n Bedrag van R3 950 is egter steeds nodig.

PAWS Haven sê die gemeenskap se ondersteuning maak ’n werklike verskil. “Hierdie tree wat sy nou neem, behoort aan elke persoon wat gehelp het. Julle is deel van haar tweede kans.”

Die publiek word aangemoedig om by te dra of haar storie te deel om te help met die uitstaande veeartsenykundige kostes.

Ondersteun Rosie hier: https://www.backabuddy.co.za/campaign/hit-and-run-victim-rosie

Kyk na die video hier: 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button