Local newsNewsNews

Volkie oorlede na stryd teen swamsiekte

Die 13-jarige, Mariné Pretorius is vanmiddag net na 13:00 oorlede na sy vir die afgelope drie weke teen ‘n seldsame swamsiekte geveg het.

Die 13-jarige, Mariné Pretorius is vanmiddag (5 Maart) net na 13:00 oorlede na sy vir die afgelope drie weke teen ‘n seldsame swamsiekte geveg het.

Mariné, ‘n Graad 8 leerder van Volkies, is gisteroggend (Woensdag, 4 Maart) resussiteer en op ‘n ventilator geplaas. Dokters kon haar nie vanmiddag weer resussiteer nie. Haar familie het die nuus op ‘n WhatsApp-groep gedeel.

Haar ma, Senobia, het vanoggend genoem dat die bloeding uit haar neus gestop het, nadat haar neus gister baie gebloei het. Daar was ook sprake dat sy haar breinfunksie stelselmatig begin verloor het. Sy was die afgelope tyd in die intensiewe sorgeenheid waar dokters haar gemonitor het.

Mariné in die hospitaal waar sy van suurstof afhanklik was.

Verskeie simptome het by haar opgevlam wat haar in ‘n kritieke toestand geplaas het. Dit sluit in haar longe wat met vog gevul was, sowel as haar niere wat nie wou werk nie.

Volkies het ook hul medelye op sosiale media gedeel. Hul het vroeër vanoggend ook vir Mariné in gebed opgedra.

“Ons menslike verstand kan nooit ten volle sulke dinge begryp nie, maar ons hou vas aan die beloftes van ons Here. Ons gebede dra haar familie en vriende in hierdie tyd van rou. Mariné was vir ons net vir ’n kort tydjie geleen, maar haar impak en liefde sal vir baie lank voortleef in die harte van almal wat haar geken het,” het Volkies op hul Facebookblad genoem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button