Local newsNewsNews

Volkies wys barmhartigheid met skenking van mielieoes

Volkies het talle ouetehuise, welsynorganisasies en mense in nood met mielies geseën.

Hoër Volkskool Potchefstroom se leerders het die afgelope week ongeveer 7000 mielies aan ouetehuise, kinderhuise en welsynsorganisasies en arm gebiede geskenk om die skool se gemeenskapsbetrokkenheid verder te versterk.

Hierdie mielies is deel van Volkies se suksesvolle oesdag wat op Donderdag, 26 Februarie plaasgevind het. Volkies het ongeveer 7 500 mielies op hul eerste oesdag verkoop.

Volkies het die afgelope week by verskillende ouetehuise mielies afgelewer. Foto” Potch Volkies/Facebook

Hierdie inisiatief is gekend van die vrug wat die skool se Landbou departement dra. Hierdie spesifieke groenmielie-oes is op ’n 4,5 hektaar stuk grond geplant. Die leerders het die afgelope jaar praktiese landbou-ervaring opdoen en kon tydens die oesdag hul sukses met die gemeenskap deel. Seweduisend mielies is ook deur al die klasse van Volkies tydens die mielieplukkompetisie gepluk.

Volkies lewer mielies by NG Welsyn af verlede week.

Die skool noem ook dat die oes hul grootste verwagtinge oortref het.

Volkies beoog om ‘n wintersgewas te plant en ook hul tonnels in die nabye toekoms te begin benut sodat Volkies Landbou nog verder sal groei.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button