Local newsNewsNews

Brandstofpryse skiet die hoogte in: Hier is hoeveel brandstof moontlik in April kan styg

Indien die voorspellings realiseer, kan dit verdere druk plaas op huishoudelike begrotings en vervoerkoste regoor die land.

Motoriste kan hulle gereed maak vir ’n skerp styging in brandstofpryse in April, met voorlopige beraminge wat toon dat petrol met meer as R2 per liter kan toeneem.

Volgens berekeninge van die Sentrale Energiefonds (SEF) kan Suid-Afrikaners vanaf 1 April 2026 aansienlik meer vir petrol en diesel betaal. Die voorspelling kom te midde van toenemende spanning in die Midde-Ooste wat wêreldwye oliepryse onder druk plaas.

Die SEF bereken daagliks die basiese brandstofprys op grond van internasionale oliepryse en die rand se wisselkoers teenoor die Amerikaanse dollar. Hoewel die staatsbeheerde energie-maatskappy nie amptelike brandstofprysvoorspellings publiseer nie, monitor ontleders die sogenaamde oor- en onderverhalings om te skat of pryse waarskynlik gaan styg of daal voordat die regering die finale aanpassings aankondig.

Volgens die jongste ramings wat Donderdag bekend gemaak is, kan 95-oktaan petrol met sowat R2.41 per liter styg, terwyl 93-oktaan petrol na verwagting met ongeveer R2.28 per liter sal toeneem. Diesel kan selfs harder getref word, met moontlike verhogings van tussen R4.40 en R4.50 per liter.

‘n Liter 93-oktaan petrol kan sodoende verbruikers moontlik R 22.47 uit die sak jaag.

Brandstofprysaanpassings tree elke maand om 00:01 op die eerste Woensdag in werking. Vir April beteken dit dat die nuwe pryse in die vroeë oggendure van 1 April van krag sal wees.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Smith

As a passionate journalist and photographer, I strive to tell meaningful stories through both words and images. With a keen eye for detail and a love for people and their stories, I aim to capture the heart of every moment and bring local news and community stories to life.

Related Articles

Back to top button