Local newsNewsNews

Hier is Potch Herald se 2025 Bruid van die Jaar

Marli Kruger is die gelukkige wenner van Potchefstroom Herald se 2025 Bruid van die Jaar kompetisie.

Marli Kruger is die gelukkige wenner van Potchefstroom Herald se 2025 Bruid van die Jaar kompetisie.

Marli se wenprys is ‘n naweek vir twee by Emerald Resort & Casino wat twee aande by ‘n hotel met ontbyt insluit. Verder behels die prys ook ‘n ete by Graze Restaurant sowel as ‘n wildrit en bootrit.

Marli was uit haar vel uit opgewonde en dankbaar toe sy hoor dat sy as die wenner aangekondig is. Sy het met ‘n totaal van 146 stemme gewen.

Marli is met Gerrit Kruger op 1 Maart 2025 getroud.

Marli Kruger op haar troudag op 1 Maart 2025.
Marli Kruger ontvang haar wenprys van Potchefstroom Herald redakteur, Wouter Pienaar.

Skryf in vir Potchefstroom Herald se 2026 Bruid van die Jaar kompetisie!

Potchefstroom Herald se Bruid van die Jaar kompetisie vir 2026 is amptelik oop vir inskrywings.

Die kompetisie strek oor die tydperk Januarie tot Desember 2026.  Stuur gerus jou inskrywing nadat jy getroud is.

Foto’s kan ge-epos word aan Penelope by penny@mooivaal.co.za.  Tesame met jou foto, stuur vir ons die bruid en bruidegom se naam en van, datum van hul troue en in watter dorp hulle gevestig is.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button