Local newsNewsNews

Kyk: Landboukollege-riool steek weer kop uit

Na net een dag van verligting, het die rioolprobleem weer by die Landboukollege kop uitgesteek.

Die Suiddorp-inwoners van Potchefstroom en die Mooirivier is weer eens getref deur rioolprobleme by die Landboukollege. Wat vroeër as ’n verligting gelyk het, het vinnig ’n nuwe probleem geword. Rioolwater loop weer in die rivier in.

Volgens DA-wyksraadslid van Wyk 4, Johan Zerwick, is herstelwerk aanvanklik afgehandel en was net rehabilitasiewerk oor.

“Ek is bly om die goeie nuus te deel dat die situasie finaal opgelos is. Die munisipaliteit is tans besig om die gat heeltemal toe te gooi,” het hy Maandag, 16 Maart, vanaf die toneel gesê.

Hy het toe verduidelik dat die riool weer ondergronds na die rioolplaas vloei en die stroom wat voorheen in die Mooirivier geloop het, besig is om op te droog. Hy het egter inwoners gewaarsku dat die stank nog van tyd tot tyd, veral ná reën, merkbaar kan wees omdat afvalprodukte agtergebly het.

Maar met die Herald se besoek op Dinsdagmiddag, 17 Maart, was dit duidelik dat rioolwater weer in die Mooirivier beland. By navraag het Zerwick bevestig dat ’n moontlike blokkasie die vloei na die nuwe pyp verhoed.

“My vrees het waar geword dat daar moontlik te veel gemors in die nuwe pyp afgespoel het en dit nou geblok is. Ons is weer terug by dieselfde situasie waar die riool in die Mooirivier afspoel. Daar sal drasties moet gaan kyk en opgetree word,” het hy gesê.

Zerwick sê hy hoop dat dit nie weer nodig sal wees om op ’n ander plek oop te grawe nie. “Ons hoop regtig die keer vir die beste.”

Navraag is by die munisipalteit gedoen en geen terugvoer is teen tyd van publikasie ontvang nie.

Kyk na die video hier:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button