Local newsNewsNews

Inwoners vasgekeer ná boom val

Die boom het 'n heining, sowel as kragdrade afgeruk toe dit neergestort het.

Inwoners van Kanaalweg in die Vyfhoek-area het Vrydagoggend, 24 April, ‘n onrustige begin van die dag beleef toe ‘n reuse boom in die vroeë oggendure, net ná middernag, omgeval het en die hele straat tot stilstand geruk het.

Die boom het reg oor die pad neergestort en nie net die verkeer ontwrig nie, maar ook ‘n heining sowel as verskeie munisipale kragdrade afgeruk. Aan die een kant van die straat was die pad reeds oorstroom ná dae se aanhoudende reën, terwyl die ander kant heeltemal deur die boom versper is. Dit het inwoners in hul erwe vasgekeer gelaat en boonop sonder krag.

Die boom wat die pad vroegoggend geblok het. Foto:

Die brandweer het vinnig op die toneel gereageer en deur die nag gewerk om die reuse stam in hanteerbare stukke op te saag. Teen ongeveer 03:00 is daar daarin geslaag om ‘n smal opening te skep sodat voertuie weer kon deurbeweeg.

Die smal opening wat gemaak is, sodat voertuie kon deurbeweeg

Teen vroegoggend, kort ná 08:00, het munisipale spanne oorgeneem om die res van die boom te verwyder en te begin met herstelwerk aan die beskadigde kraglyne. Intussen het inwoners self ook moue opgerol en ingespring om te help met die opruimingswerk, ‘n duidelike teken van gemeenskapsgees te midde van die ontwrigting.

Die munisipaliteit, op toneel, besig om die kragkabels te herstel
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button