Amelia Nasorgsentrum vier 50 jaar van geloof, hoop en liefde
Amelia Nasorgsentrum is vandag 'n halwe eeu oud wat 'n groot mylpaal vir hierdie trots Potch-vesting is.
Amelia Nasorgsentrum is een van Potchefstroom se juwele waar liefde in oorvloed bewys is tydens ‘n spesiale 50 jaar verjaarsdagpartytjie vandag (Maandag, 11 Mei).
99 inwoners en die personeel het saam hierdie groot mylpaal gevier met allerhande lekkernye, versierings en ‘n groot sny koek.

Kyk die video hier:
Die inwoners kon nie hulle opgewondenheid inhou nie en het met groot oorgawe aan ‘n Amelia-vasvra deelgeneem oor die verskillende feite van Amelia Nasorgsentrum wat vrae oor voormalige inwoners, personeel en huidige interessanthede ingesluit het.
Oulike staaltjies en herinneringe is gedeel tydens ‘n prettige oggend.
Foto’s: Wouter Pienaar










Amelia Nasorgsentrum is op 11 Mei 1976 geopen met Amelia Poppie van Wyk wie die eerste inwoner was. Die stigters was Prof. Andries Bisschoff en Dawie Smith. Ig, die seun van Andries het die kersies op die verjaarsdagkoek uitgeblaas en saam aan die feesvieringe deelgeneem.



