Local newsNewsNews

Ouers vier kleuterskooljuffrou se 60ste met ‘n spesiale Checkers Sixty60 partytjie

"Ek staan altyd in verbystering oor hoeveel moeite die ouers regtig doen."

‘n Staatmaker-onderwyseres by Woel en Werskaf-kleuterskool, Belinda Harmse, het haar 60ste verjaarsdag op ‘n besondere manier by die skool gevier toe ouers vir haar ‘n Checkers Sixty60-verjaarsdagpartytjie gereël het.

“Ek staan altyd in verbystering oor hoeveel moeite die ouers regtig doen. ‘n Mens weet jy word waardeer en is geliefd, maar hierdie was above and beyond. Ek is so geseënd,” noem juf. Belinda, wat op Vrydag, 8 Mei, verjaar het.

Juffrou Belinda Harmse saam met die Checkers Sixty60-drywer, Bokamoso Shebe. Foto: Verskaf

Juf. Belinda noem dat haar kinders by Woel en Werskaf haar “petrol” met drukkies gee om haar tenk vol te maak.

“Hierdie kindertjies se liefde is baie spesiaal. Dit is my veilige hawe hier by Woel en Werskaf.”

Sy is nou al 20 jaar ‘n onderwyseres by Woel en Werskaf en is al 38 jaar in die onderwys. Sy het ook al nasionale toekennings vir haar onderrig ontvang.

Hierdie hele week loop haar beker van dankbaarheid oor.

“My feesvieringe gaan nou al vir ‘n week aan. Ek het oor die naweek my 60ste eers gevier in Buffelsbaai by my dogters. Twee van my dogters is in die Wes-Kaap. Ek het my vieringe daar begin, omdat dit een van my gunstelingplekke op aarde is.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button