Local newsNews

Volkies skitter met styl, talent en span­gees

Van sport tot kultuur, by Volkies leef uitnemendheid, en hierdie hoogtepunte is net nog ’n bewys dat die skool se leerders gereed is om hul lig helder te laat skyn.

Dit was ’n week van glans, trots en pure Volkie-gees by Hoër Volkskool, waar leerders hul merk gemaak het, op die baan, op die verhoog én in die kunswêreld.

Netbal-capping

Die skool se jaarlikse netbal-capping op 8 Mei het die toon aangegee vir ’n seisoen propvol belofte. In ’n aand gekenmerk deur styl en trots, is die eerste span amptelik aangekondig, ’n groep vasberade meisies wat gereed is om die seisoen met krag en passie aan te pak. Die energie was tasbaar en die verwagtinge hoog, met Volkies wat duidelik agter hul span staan.

Mnr. & Mej. Volkie 2026

Nie lank daarna nie, het die kollig geskuif na die verhoog tydens die formele loop van Mnr. & Mej. Volkie 2026. Finaliste het met elegansie en selfvertroue hul opwagting gemaak, in ’n aand wat herinneringe vir jare sal skep. Die tweede tema, “Beroemde paartjies”, het die gehoor behoorlik laat skaterlag en hul gunstelinge luidkeels ondersteun, ’n ware viering van Volkie-gees en samehorigheid.

Die eerste tema, waar deelnemers filmkarakters moes uitbeeld, het weer eens kreatiwiteit laat blom. Van superhelde tot sprokiesfigure en klassieke ikone, elke deelnemer het hul rol met oorgawe en flair vertolk, en gewys dat talent by Volkies geen perke ken nie.

Volkie op die verhoog

Intussen het Eduard Viljoen sy merk gemaak op ’n groter verhoog, met ’n plek onder die Top 30 by die Proscenium-dramakompetisie, ’n indrukwekkende prestasie wat beslis erkenning verdien. Volkies staan trots saam met hom en vier sy sukses.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button