Local newsNewsNews

Gimmies is naasbeste kwintiel 4-skool in die land

Hierdie toekenning bewys Gimmies se akademiese uitnemendheid op verskeie vlakke.

Potchefstroom Gimnasium het die afgelope paar jaar gereeld die top twee plekke beklee wanneer dit by die Departement van Basiese Onderwys Kwintiel 4-vereistes op grond van matriekuitslae kom.

Vanjaar is geen uitsondering nie, met Gimmies wat as die naasbeste Kwintiel 4-skool landswyd aangewys is met betrekking tot die 2025-matriekuitslae.

Dit is die derde keer dat Gimmies hierdie besondere erkenning as naaswenners ontvang. Die skool is ook in 2018, 2019, 2022, 2023 en 2024 as die beste Kwintiel 4-skool in Suid-Afrika aangewys.

“Hierdie prestasie getuig van die uitsonderlike toewyding van ons matriekgroep van 2025, ons passievolle en toegewyde onderwysers, asook die onskatbare ondersteuning van ons ouers. Saam bou ons aan ’n kultuur van uitnemendheid waarin elke Gimmie die geleentheid kry om sy of haar volle potensiaal te bereik,” het Potchefstroom Gimnasium op sy Facebook-blad genoem.

Die skoolhoof van Potchefstroom Gimnasium, mnr. Michael van der Merwe, noem dat hierdie toekenning op ’n meer holistiese akademiese prestasie fokus en nie net op slaagsyfers nie.

“Vakgemiddeldes sowel as die universiteitsvrystellingspersentasie is onder andere deel van die kriteria. Dit is ’n groot voorreg. Ek eer die span van 2025 en almal wat al van Graad R af in hierdie groep leerders se lewens ingespreek het,” noem Van der Merwe.

Hy meen dat hierdie prestasie ’n spanpoging is waar verskillende rolspelers hande vat en ’n gedeelde visie nastreef.

“Met ’n gesonde, betrokke gemeenskap, hardwerkende, hoogs gekwalifiseerde personeel, ’n Beheerliggaam wat saam droom en ons Vader se genade, bly Gimmies se toekoms (blou)rooskleurig.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button