Potchefstromer vier 100 jaar saam geliefdes
Susan Basson het vandag (Donderdag, 13 Augustus) 'n eeu op aarde gevier.
Met die eerste oogopslag lyk Susan Basson glad nie 100 jaar oud nie.
Sy glimlag nog mooi, haar vel lyk goed versorg en sy kan nog land en sand gesels.
Hierdie Potchefstromer het vandag (Donderdag, 13 Augustus) haar verjaarsdag gevier met haar kinders en familie wat saam met haar hierdie ongelooflike geseënde mylpaal beleef het.


Volgens Susan is God se genade die rede dat sy 100 jaar oud geword het. Hierdie gelowige Christendame se gunsteling vers in die Bybel is juis uit 2 Korintiërs 12:9: “My genade is vir jou genoeg.”
Susan was met David Basson getroud. Sy was ‘n huisvrou wat vyf kinders grootgemaak het.
Susan, wat in Victoria-Wes gebore is, woon alreeds 30 jaar in Potch.



