SportSport

Baillies se o13A-dogters skryf geskiedenis op eerste kriekettoer

Die jong krieketspelers het tydens die toer vir Wolmaransstad se o11 seunsspan ook geklop.

Baillies se o13A-dogterskrieketspan het vir die eerste keer in die skool se geskiedenis op toer gegaan en hulle het dié geskiedkundige geleentheid met indrukwekkende vertonings gevier.

Dié jong krieketspelers het tydens die toer gewys dat hulle nie net daar was om ervaring op te doen nie, maar om hul merk te maak. Met vyf wedstryde en vyf oorwinnings het Baillies die toernooi as wenners afgesluit.

Die span het hul toer met ’n oorwinning van vier paaltjies teen Laerskool Vryburg afgeskop, waarna hulle Laerskool Wolmaransstad se o11-seunsspan met 22 lopies geklop het. Joané Fourie is ná dié wedstryd as speler van die wedstryd aangewys nadat sy drie paaltjies geneem het.

Die oorwinnings het voortgeduur toe Baillies vir Hoërskool Schoonspruit met 23 lopies verslaan het. Teen Hoërskool Wolmaransstad het die span weer sake met ’n sewe-paaltjie-oorwinning beklink. Dineké Janse van Rensburg is as die speler van die wedstryd aangewys nadat sy drie paaltjies geneem het.

In hul laaste wedstryd het Baillies teen Laerskool Wolmaransstad se o13A-dogters te staan gekom en met agt paaltjies geseëvier. Janse van Rensburg het weer die kollig gesteel en is as speler van die wedstryd aangewys nadat sy ’n ongelooflike driekuns behaal het.

Met vyf wedstryde, vyf oorwinnings en die toernooi-trofee in hul hande, het die span hul eerste toer in styl afgesluit.

Lerica van Aswegen was met sewe paaltjies die voorste paaltjiejagter van die toernooi..

“Die sukses van die span is egter nie net aan individuele prestasies te danke nie. ’n Groot dankie gaan aan Juf. Chantel Jacobsz, Mnr. Werner an Jaarsveld en Juf. Mariké Middelton vir hul tyd, leiding en betrokkenheid by die span,” noem die skool.

Wat as die eerste toer begin het, het geëindig as die eerste kampioenskap en moontlik die begin van iets besonders vir Baillies se meisieskrieket.

Die eerste toer. Die eerste trofee. Die begin van ’n geskiedenis waarop Baillies nou en vir altyd trots kan wees.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button