SportSport

Passie Erasmus vind uit wat Gimmie-gees is

Passie Erasmus het vandag (Donderdag, 13 Augustus) by Potchefstroom Gimnasium ’n draai kom maak om sy eie unieke energie en gees te bring.

Diegene wat die Noordvaal Virsekerbeker op sosiale media dophou, sal weet van ’n man met die naam Passie Erasmus – die amptelike ambassadeur van die Virseker Noordvaal Cup.

Passie het vandag (Donderdag, 13 Augustus) by Potchefstroom Gimnasium ’n draai kom maak om sy eie unieke energie en gees te bring voor die Noordvaal Virsekerbeker-Bowl-eindstryd wat hierdie Saterdag, 15 Augustus, tussen Gimmies en Hoërskool Centurion plaasvind.

Hy het in ’n Gimmie Tuk-Tuk gearriveer, waarna die leerders sy aansteeklike energie met groot entoesiasme ontvang het. Die NWU-gelukbringer, Eagi, het ook kom draai, wat die pret verder verhoog het.

Passie het vir Gimmies sy amptelike Passie Erasmus-lied, sowel as ’n paar dansbewegings, geleer. In dieselfde asem het Gimmies hom ook ’n ding of twee gewys met ’n paar krete wat die aarde laat dreun het.

Aan die einde van die dag was een ding vir seker: Gimmies is wakker!

Kyk die foto’s hier: (Foto’s: Wouter Pienaar)

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button