Local newsNewsNews

Volkies roep hul skoolhoof vaarwel

Mnr. PW van Aswegen wat in Januarie 2025 by Volkies as skoolhoof begin het, gaan nou in September by Witteberg in Bethlehem amptelik as skoolhoof optree.

Hoër Volkskool Potchefstroom se skoolhoof, mnr. PW van Aswegen, verlaat die skool na ’n termyn van ’n jaar en ’n half.

Volkskool het hierdie nuus gister (Donderdag, 13 Augustus) op hul sosiale mediablad aangekondig.

Mev. Alicia Olivier (adjunkhoof: akademie) gaan nou as skoolhoof waarneem. Van Aswegen gaan nou sy volgende hoofstuk as skoolhoof by Hoërskool Witteberg in Bethlehem voortsit. Hoërskool Witteberg het dit ook op hul sosiale mediabladsye aangekondig.

Van Aswegen, wat in Januarie 2025 as skoolhoof by Volkies begin het, het gedurende sy tyd as skoolhoof by Volkies respek onder ouers, personeel en leerders opgebou, terwyl die breë gemeenskap hom vinnig as deel van Potchefstroom verwelkom het. Dit is sodoende hartseer vir die skool en gemeenskap om van Van Aswegen afskeid te neem.

Cindy du Plessis, Hoër Volkskool Potchefstroom se beheerliggaamvoorsitter, noem dat die skool met ’n geruste hart aankondig dat Van Aswegen se seisoen by Volkies tot ’n einde gekom het.

“Ons is dankbaar vir sy bydrae tot ons roemryke geskiedenis en wens hom en sy gesin seën toe met die nuwe geleenthede en uitdagings wat voorlê. Volkies is opgewonde oor ’n nuwe seisoen van groei en om aan ons skool se toekoms te bou,” noem Du Plessis.

Mnr. PW van Aswegen tydens vanjaar se Classic Clash. Foto: Tian du Preez

“Hoër Volkskool is geseën met 105 jaar se ryke tradisies en voortbestaan. Aan God al die eer – Hy wat ons skool in die gemeenskap opgerig het en steeds met uiters bekwame personeel, passievolle ouers en leerders seën, maar meer nog, met mense van wie ’n brokkie van hulle harte altyd hier sal bly.”

Du Plessis noem ook in die verklaring dat meer inligting binnekort beskikbaar gestel sal word oor die besonderse groei wat onder andere deur dié verandering moontlik gemaak word.

“Mev. Olivier sal saam met ons ervare bestuurspan voortgaan om ons leerders toe te rus om hul arendsvlerke te sprei. Ons is nederig-dankbaar en ook opgewonde oor die nuwe seisoen wat vir ons skool voorlê.”

Mnr. PW van Aswegen verlaat Potch Volkies as skoolhoof. Mev Alicia Olivier sal as waarnemde skoolhoof optree

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button