Baillies se kultuursentrum is een jaar oud
Die verjaarsdag is op gepaste wyse met ‘n spesiale konsert gevier.
Aan die begin van 2025 het Laerskool Baillie Park ‘n Kuns en Musieksentrum onder die knap leiding van Me Elsie de Ridder begin. Bailies praat sommer net van KUM. Die kultuursentrum bied leerlinge die geleentheid om op drama, dans, musiek en kunsgebied hulle talente uit te leef.
Vanjaar is die kultuursentrum een jaar oud. Die verjaarsdag is op gepaste wyse met ‘n spesiale konsert gevier. Op Donderdag, 27 Augustus het die leerlinge of te wel kunstenaars die geleentheid gehad om te wys wat hulle geleer het.
Dit was ongelooflik om te sien hoe elkeen gegroei en ontwikkel het in die jaar wat verby is. Juffrou Elsie het ‘n droom gehad om ‘n KUM kamer op die skoolterrein te kry. Hierdie droom het waar geword. Die skool se kolekamer is omskep in ‘n pragtige kultuurlokaal.
Die splinternuwe lokaal sal later vanjaar amptelik geopen word. Daar was ‘n hele paar hoogtepunte maar die skool se juniorkoor en seniorkoor het die gehoor op hulle voete gehad. Die kunstenaars het die gehoor laat skaterlag en selfs ‘n traan of twee laat pik.
“Dankie aan elkeen wat ‘n bydrae gelewer het om die aand ‘n sukses te maak. Daar word reeds beplan aan die konsert van 2027,” het die skool gesê.



