Local newsNewsNews

Oud-Volkie en NWU senter wen Moer ‘n Boer-titel

Met 'n voetbesering en 'n paar harde houe het Henko Marais soos 'n leeu baklei om die Moer 'n Boer titel te wen.

Rateltaai soos ’n Hilux.

Dit is hoe kykers die oud-Volkie en NWU Varsitybeker-senter, Henko Marais, beskryf het nadat hy met ’n puik vertoning as die kampioen van die 2026 Moer ’n Boer-reeks aangewys is.

Henko het met sy klipharde temperament sy staal in die kryt op Saterdag, 19 September, bewys toe hy ook die prys vir die beste geveg van die aand gewen het. Dit terwyl hy vroeg in die geveg ’n voetbesering opgedoen het.

Hy het teen Hannes Malan geveg en as oorwinnaar uit die stryd getree. Hy het ook die Varkhart-prys vir sy deursettingsvermoë ontvang.

Henko is as die kampioen aangewys nadat hy die meeste stemme van die publiek ontvang het. Die publiek kon aanlyn stem vir wie as die algehele kampioen gekroon moes word.

Henko het by Volkies gematrikuleer en boer tans op Vlakpan Plaas buite Lichtenburg met ’n gemengde boerdery.

Henko was een van 20 uitgesoekte boere landswyd wat aan hierdie reeks deelgeneem het, wat gemengde gevegskuns en die identiteit van boer-wees kombineer.

Henko, wat vol vreugde is ná sy oorwinning, noem dat dit ’n taai geveg vir hom was, veral omdat sy voet vroeg in die geveg beseer is.

“Die bloed en als het na my kop toe gehardloop toe hy (Hannes) my in ’n wurggreep kry. Die skare wat skree en my afrigter in die hoek het my aangemoedig om aan te hou. Elke keer as ek op my voet getrap het, het dit uitgehak. Dit was so bietjie van ’n hondeskou.”

Met sy voetbesering kon Henko nie sy gevegsplan uitvoer nie, maar sy geen-opgee-houding het hom na die groot prys gedra.

“Toe ek eers my asem terugkry, het ek weer beheer teruggekry. Om te kon veg daar binne was ’n belewenis gewees.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button