SportSport

Stem nou vir NWU doelskieter in Speler van die Toernooi-kompetisie

Sunel Smit van die NWU Eagles is een van die finaliste. Die publiek het tot Vrydag, 25 September om 09:00 om te stem.

Die NWU se Sunel Smit het die geleentheid om as die 2026 Varsity Netbaltoernooi se speler van die seisoen aangewys te word.

Sy en twee ander spelers, Juanita van Tonder (Madibaz) en Cornelia Mupenda (UJ) is deel van die uitgesoekte drie spelers.

Die hoofafrigters van al die Varsitybekerspanne het die top spelers van die toernooi genomineer. Elke afrigter kon drie spelers nomineer, wat geen speler van hul eie span insluit nie. Smit is deel hierdie top genomineerde spelers.

Nou tel die publiek se stemme. Die publiek het tot Vrydag, 25 September om 09:00 om vir hul gunsteling speler te stem. Die publiek kan hier stem.

Dit is werklik ‘n groot voorreg en ek is opreg dankbaar daarvoor, maar dit was ‘n groot verrassing vir my. Ek het dit nie verwag nie. Ek sou dit nie kon bereik sonder my span en afrigter nie. Daar is werklik soveel talent in die Varsity Netbaltoernooi en om gekies te word as ‘n top 3 speler is ‘n seën.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button