Local newsNewsNews

‘n Khoisanfees op Erfenisdag in Promosa

Dit was 'n kultuurfees soos min by die Promosa-stadion vanmiddag op Erfenisdag.

Erfenisdag word vandag (Donderdag, 24 September) op ’n spesiale, eg-Khoisan-wyse by die Promosa-stadion gevier.

Die Khoisan Kultuurfees het verskeie stamme regoor Suid-Afrika en Namibië byeengebring om die unieke kulture te vier en uit te beeld.

Dr. Odette Vries, voorsitter van die JB Marks Khoisan Council, was verantwoordelik vir die reël van hierdie fees.

“Vandag vier ons die erfenis en kultuur van al die Khoisan-groepe, waaronder die San, Nama, Griekwa en Korana, asook hul sang en tradisies. Dit is al hierdie verskillende kulture wat bymekaar kom en saam feesvier. Ons vier vandag ons erfenis en ons kultuur,” noem Vries.

Dr. Odette Vries en Chief Michael Thorne.

Prof. Fritz Dirkse, ’n SANDEVA (South African Nama Development Association)-Nama-taalkenner, het meer gedeel oor Nama en hoe die taal in Namibië bevorder word. Die hoofdoel is om Nama ook as ’n amptelike taal in Suid-Afrika te vestig.

Prof. Fritz Dirkse aan die woord.

Die stigter van SANDEVA, mnr. James Mapanka, het ook meer vertel oor die belangrikheid daarvan om kulture te behou en te bevorder. Hy speel ’n groot rol in die bevordering van Nama.

“Ons doel is om die taal regdeur Suid-Afrika te versprei en te ontwikkel. Ons is ’n geregistreerde nie-winsgewende organisasie en ons grootste uitdaging is befondsing.

Dit was ‘n dag om te onthou in Promosa waar die ryke kulture uitgebeeld is met drag, digkuns en sang.

“Ons kan baie meer doen. Ons het nie noodwendig die befondsing om byvoorbeeld Potchefstroom toe te kom en vir ’n week Nama-klasse aan te bied nie. As van die regeringsinstansies of die korporatiewe wêreld ons kan borg, kan ons volgende jaar vir ’n week lank kom en kinders basiese Nama leer.”

“Wat ons tans in die Noord-Kaap doen, is om baie goeie samewerking van die Noord-Kaapse regering te ontvang – die premier se kantoor, die LUR vir Onderwys en die LUR vir Sport, Kuns en Kultuur,” voer Mapanka verder aan.

Deur die dag was daar ook voordragte van plaaslike groepe en leerders, soos Robyn Williams en ander leerders van Promosa Sekondêre Skool. Die bekende Ria Reen, ’n Khoisan-digter, het ook vanaf Kimberley die fees bygewoon en die gehoor met haar voordragte vermaak.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button