Die Luiperds Platteland speel fantastiese rugby by die Obaro Noordvaal Plattelandtoernooi in Nylstroom en gaan nou Saterdag, 26 September in die eindstryd teen Limpopo Waterberg speel.
Hierdie wedstryd sal om 15:00 afskop.
Die Luiperds Platteland het hul toernooi op die beste wyse Woensdag begin met ‘n oortuigende 49-0 sege teen die Pumas. Daarna het hul Limpopo Noord met 47-37 in die half-eindstryd geklop.
Potch Dorp Rugbyklub het vier spelers in die Luiperds Plattelandspan. Dit is Ferdi Joubert, Delarey Swart, James Proctor en Doynton Berry.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



