SportSport

Noordwes-skole maak hul merk by NWU Sewestoernooi

Rustenburg is as die kampioen gekroon terwyl Volkies en Gimmies ook hul staal gewys het.

Dit was sewes-aksie uit die boonste rakke verlede naweek (18-19 September) op die Fanie du Toit-sportgronde by die NWU Champion of Champions-toernooi waar van Suid-Afrika se top skole kragte gemeet het.

Hoërskool Rustenburg is as die algehele wenners van die toernooi gekroon nadat hulle die verdedigende kampioene, Westville, met 19-17 in die eindstryd geklop het. Rustenburg moes ook vir Grey College in die half-eindstryd geklop het.

RHS se sewesspan is as die wenners gekroon.

Op plaaslike vlak het Volkies en Gimmies ook hul staal gewys en, al het die uitslae nie na hul kant toe gegaan met betrekking tot trofeë nie, was dit steeds ’n goeie leerskool om teen sterk skole mee te ding.

Volkies eindig 13de, met Gimmies wat 22ste uit 26 skole eindig.

Volkies se Kyle Hattingh is ook vir die Dream Team gekies.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button