BlogsOpinions

Lees tussen die lyne: Is die Bokke terug?

Eerstens moet ons die Bokke ’n klop op die skouer gee. Hulle het die verloorstreep gebreek. Mooi manne!

Eerstens moet ons die Bokke ’n klop op die skouer gee. Hulle het die verloorstreep gebreek. Mooi manne!
Maar kan ons begin juig oor hoe die Bokke terug is op hulle beste? Nee, ek dink nie so nie, hoewel daar baie positiewe punte is wat uit die wedstryd teen Australië geneem kan word. Byvoorbeeld kaptein Adriaan Strauss se goeie vertoning, ook die feit dat ons ons eie spelstyl gespeel het.
Ek dink ons het soos die All Blacks probeer speel, daarom het ons gesukkel. Dit is maklik om in daardie lokval te trap. Almal kyk wat doen die bestes en probeer dit namaak. Ons is nie die All Blacks nie, ons het nie dieselfde vaardighede as hulle nie.
Daarom moet ons kyk na ons eie spelers en watter vaardighede hulle vir ons bied. Mornè Steyn se skopvoet was Saterdag ongetwyfeld die Bokke se redding.
Ons almal het ’n kleintjie dood aan die alombekende skop en jaag-taktiek wat die Bokke aanhou gebruik. Maar ek dink tog dat dit ’n sterk wapen in ons arsenaal is. Solank dit net slim en effektief gebruik word. ’n Ander deel van ons spelpatroon wat tipies bok is, is die gebruik van groot brekers wat die bal goed kan dra. Vincent Koch, Eben Etzebeth en Willem Alberts is die beste voorbeelde van die tipe spelers. ’n Vaste, fisieke spelpatroon is wat die Bokke, Bokke maak. Dit is die patroon wat hulle so gevrees gemaak het onder ander spanne.
Al wat ons nou kort is die vinnige, ratse en onvoorspelbare agterlyn spelers, om op die gapings wat deur die brekers oopgestamp word, te kapitaliseer. Dit is hier waar die Bokke nog kortkom. Dit is die groot rede waarom ons nie by Fort Loftus ’n drie kon druk nie. Ons kort ’n binnesenter wat sterk hardloop met goeie vaardighede. Rohan Janse van Rensburg kom dadelik in ‘n mens se gedagtes op.
Hoekom is hy nog nie in ’n Boktrui nie? Hougaard op vleuel is nog ’n kwessie waarna die afrigters moet kyk. Aan die einde van die dag is hy ’n baie beter skrumskakel, wat goed saam met Mornè Steyn as ’n skakelpaar sal werk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button