SportSport

Gimmies en KHS pak mekaar in groot eindstryd

Die finaal van die Luiperds Grootskole se A-spanne beloof om rugbyondersteuners se monde te laat water hierdie Saterdag 25 Julie  by Potchefstroom Gimnasium (Mooivallei). Gimnasium en Hoërskool Klerksdorp se eerste spanne pak mekaar om die Jacob Wilkens-trofee as Noordwes wenner en beloof om ‘n kragmeting van verskillende style te wees. Volgens Gimnasium afrigter, Pieter Warnich, …

Die finaal van die Luiperds Grootskole se A-spanne beloof om rugbyondersteuners se monde te laat water hierdie Saterdag 25 Julie  by Potchefstroom Gimnasium (Mooivallei).

Gimnasium en Hoërskool Klerksdorp se eerste spanne pak mekaar om die Jacob Wilkens-trofee as Noordwes wenner en beloof om ‘n kragmeting van verskillende style te wees.

Volgens Gimnasium afrigter, Pieter Warnich, is sy span gereed na ‘n week van intense voorbereiding.

“’n Paar van die spelers was by die Cravenweek en ek reken dit het hulle goed gedoen om daardie blootstelling te kry. Ons mikpunt is om aanvallende hardlooprugby te speel.”

‘n Groot verlies vir Gimmies is dat kaptein Gerrit Steenekamp nog weens ‘n besering nie Saterdag op die veld sal draf nie. Llewellyn Bezuidenhout sal sy plek as kaptein inneem.

“Ons wil totale rugby speel en seker maak dat al ons fasette reg is, sodat ons reg is vir enige situasie. KHS gaan ‘n fisieke stryd vir ons bring,” het Warnich bygevoeg.

KHS se agtsteman, Edmund Rheeder, behoort ook fyn dopgehou te word met die SA Skole speler wat een van die troefkaarte kan wees. Daar is geen twyfel dat KHS ‘n sterker en swaarder voorry het nie. Die vraag is wel of hulle die voordeel kan benut om hul agterlyn in die prentjie te kan bring

Program: 08:00- o/14A KHS vs Volkies

09:05- o/15A Gimmies vs Volkies

10:10- o/16A Gimmies vs KHS

11:30- 1ste Gimmies vs KHS

Indien ‘n wedstryd in die finaal gelykop sou eindig Saterdag, word geen ekstra-tyd gespeel nie. Die eindfluitjie word geblaas en die trofee word gedeel.

Die kriteria vir wie as “wenner” deurgaan na die Beeldtrofee is as volg:

*Die span wie die meeste drieë gedruk het*Indien beide spanne ewe veel drieë gedruk het, die span wie die eerste drie gedruk het

*Indien geen drieë gedruk is nie, die span wie eerste punte aangeteken het

*Indien die telling 0-0 is, word die wedstryd die volgende week oorgespeel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button